View My Stats
TUIS BLAD

Kalahari Internet Radio is 'n Internationale Internet stasie, sover as Nederland, Duitsland, New Zealand, Belgie en Australia en Suid-Afrika areas.

Kalahari Radio is ‘n gemeenskapgerigte radiostasie wat van plaaslike talent gebruik maak om ons luisteraars mee te vermaak. Almal wat tans by Kaahari Radio werksaam is woon binne die uitsaai voetspoor van die stasie asook in die Buiteland en almal neem ook aktief deel in een of meer van die gemeenskap projekte waarby Kalahari Radio betrokke is.

Ons is ‘n Afrikaans gebaseerde radio stasie met ‘n Christelike agtergrond. Dus staan ons geen haatspraak van enige aard voor nie en reik ons ‘n helpende hand uit na die gemeenskap wat ons bedien.

‘n Dinamiese Radiostasie

Kalahari Radio het op 29 Junie 2016 begin uitsaai. Hierdie mylpaal is behaal na jare se voorbereiding en onderhandeling met die gemeenskap wat hy bedien asook met die lisensie-owerheid in Suid-Afrika wat verantwoordelik is vir die toekenning van uitsaailisensies.

Kalahari Radio is ‘n besonderse dinamiese gemeenskapsradiostasie met sy sendermas 380 meter hoog op die Magalliesbergkruin bokant die Hartbeestpoortdamvallei. Hoë punte in Randburg, Sandton, Bryanston, Pretoria se Moot en selfs sover as Cullinan is binne siglyn van die sender.

kALAHARI RADIO voetspoor

Kalahari Radio saai uit na ‘n verskeidenheid teikengehore binne die radius van sy voetspoor wat strek vanaf Bryanston, Sandton, Randburg, Roodepoort, Krugersdorp en Randfontein in die suide tot in die hart van die Bosveld by Thabazimbi in die noordweste. Sywaarts bereik Kalahari Radio Centurion, Pretoria-Noord, Pta-Wes en Pta-Oos en tot sover as Warmbad en Nylstroom, weswaarts oor die Magalliesberg, Brits, Rustenburg en omgewing

________


E-mail us or talk to us toll free

 

Ons Wenspan

 
 
 

Betsie Thomson Olivier

Omroeper

Marthie Barry

PRO & Omroeper